A
 
Web www.artsmart.co.za
A R T S M A R T
arts news from kwazulu-natal

supper theatre
www.artsmart.co.za
enquiries@artsmart.co.za
 A current news
crafts - dance - drama - film & tv - literature
music - supper theatre - visual arts
miscellaneous news - festivals
letters to the editor
home page
archives A
crafts - dance - drama - film & tv - literature
music - supper theatre - visual arts
miscellaneous news - festivals
 

NB: as of 23 September 2008, all new artSMart articles are being published on the site news.artsmart.co.za.

ALL FOR LOVE (article first published : 2002-08-15)

Charl van Heyningen is pure pret en plesier. n Lang elegante krel met n behoorlike teenwoordigheid op die verhoog. n Diepsinnige vermaakkunstenaar wat kan kielie en toor met sy gehoor. Sy afgeronde, ryp en hoogs vermaaklike talent kan tans in Durban by die Backstage Teater, Royal Hotel geniet word. Die speelvak eindig op 31 Augustus.

n Lieflike vertoon van talent deur middel van krultoonlekker liedere oor n wye spektrum. Sy gemak met bekende opera-uitreksels, ballades en selfs Russiese tradisionele liedere bied n aand van uiterste vermaak en genot. Twee Afrikaanse nommers is ook ingesluit, waaronder Winter en n Afrikaanse weergawe van Canzone Del Mio Amore. Laasgenoemde is n duet met Manuel Escorcio op band. Ietwat van n glips, Van Heyningen kan sterk genoeg staan op sy eie bene en word hierdie poging tussen die bandweergawe van Escorcio teenoor die lewendige optrede van Van Heyningen vergewe.

Dit is voorwaar lekker en ontspannend om na Van Heyningen te luister. Sy openingsaand, met n grotendeels gevrekte media en kritici-gehoor, het onnodig die senuwees laat knaag.

Die waarde van kuns hoef nie noodwendig aan die mening van ander gemeet te word nie. Wanneer die kunstenaar skep is die eie selfwaarde van groter belang. Die mening van ander kan soms die kunstenaar terughou van innerlike eerlikheid en opregtheid. Tog is die uitruil van energie tussen kunstenaar en gehoor van uiterste belang, soveel te meer in die beperkte ruimte van die Backstage Teater by die Royal Hotel in Durban.

Die spesifieke teater vra vir intimiteit tussen kunstenaar en gehoor en ongelukkig kon Van Heyningen nie genoeg van homself gee of het genoeg energie terug ontvang nie. Dit is jammer dat iemand van formaat soos Van Heyningen nie ook sy Durbanse gehore met sy sprankel in Afrikaans probeer verower nie.

Van Heyningen het sy magiese vertoning versteur met flou Engelse bindingsteks. Moontlik n poging om die rooinek-kultuurstad van ons land te verower. n Verkragting deur sanger en/of regisseur ten koste van die sprankel van sy innerlike self wat tog hard in Afrikaans met hom spreek. Met n ander aanslag en teater sou dit natuurlik nie gepla het nie.

Die man het enorme vertoontalent om sy universele musiek te laat praat. Hy kan opreg trots wees op homself en sal in die intieme ruimte van die Backstage homself behoorlik laat geld met Afrikaanse of tweetalige bindingsteks en steeds die Durbanse gehore trek, van watter taal of kultuurgroep ookal. Sy grappige verwysings na ander Afrikaanse sangers ondersteun hierdie standpunt.

n Meer tweetalige aanslag sal die kunstenaar behoorlik laat blom en die gehoor sal sy eerlikheid nog meer waardeer en verorber. Hy verdien dit beslis. Dit gaan geensins om n taalstryd in Afrikaans nie. Die bond tussen gehoor en kunstenaar eis wel n ontbloting van die innerlike self in n teaterproduksie van hierdie aard.

Miskien n identiteitskrisis van verskillende aanslae deur Von Memerty en Van Heyningen. Van Heyningen wat ongemaklik ver beweeg van sy eie innerlike self onder leiding van Von Memerty? Eersgenoemde het n unieke aanslag wat van hom baie groter populariteit kan gee indien hy getrou aan homself sou bly. Gee ons net meer. Van Heyningen is uniek. Sy persoonlikheid spreek die gehoor aan en verdere ontgining hiervan kan hom net baat.

Ek glo wel dat Van Heyningen sy gehoor sal lees en sy vertoning hiervolgens sal aanpas. Veral die uitgehongerde Afrikaansprekende gemeenskap van Durban behoort van hulle te laat hoor. Hierdie fenominale sanger behoort behoorlik ondersteun te word want hy is dit eenvoudig werd.

All For Love word van Woensdae tot Saterdae opgevoer en word sterk aanbeveel. Kaartjies teen R120 per persoon,n driegangmaal ingesluit, is beskikbaar by Computicket, telefoonnommer 031 333-6000. Thomie Holtzhausen




 A current news
crafts - dance - drama - film & tv - literature
music - supper theatre - visual arts
miscellaneous news - festivals
letters to the editor
home page
archives A
crafts - dance - drama - film & tv - literature
music - supper theatre - visual arts
miscellaneous news - festivals
a co-production by caroline smart services and .durbanet. site credits
copyright © subsists in this page. all rights reserved. [ edit ] copyright details  artsmart