A
 
Web www.artsmart.co.za
A R T S M A R T
arts news from kwazulu-natal

drama
www.artsmart.co.za
enquiries@artsmart.co.za
 A current news
crafts - dance - drama - film & tv - literature
music - supper theatre - visual arts
miscellaneous news - festivals
letters to the editor
home page
archives A
crafts - dance - drama - film & tv - literature
music - supper theatre - visual arts
miscellaneous news - festivals
 

NB: as of 23 September 2008, all new artSMart articles are being published on the site news.artsmart.co.za.

KAALGESTROOP (article first published : 2002-12-21)

Bekroonde dramaturg Deon Opperman proe, kou, sluk en spoeg aan die lewe met weerbarstige oorgawe met die kabaret Kaalgestroop. Elzabe Zietsman se vertolking is geniaal eerlik en tatoeer sy haar merk stewig op Opperman se skrywersboud. Met musiekverwerking, begeleiding en verskeie toonsettings verseker Janine Beukes n ryp granaat wat oopbars van pure krultoonlekkerte. Jahn Beukes rond pragtig af en vul prettig.

Man dit was lekker! Afrikaanse kreatiwiteit in die hartjie van Durban. Ondanks n eina gehoor wat n onvolwassenheid vir kabaret openbaar het (en vir Afrikaans) het Zietsman eenvoudig die toring van Babel met n tienpond hammer verpletter. Daarvan het die applous getuig. As n girl kan dan kan sy, en hierdie een kan moerse.

Nie net sing nie. Sy het die looks, die lyf, die intensiteit en die mooiste blddie bene in die bedryf. Maar sy sing jou uit jou verbeelding na n wreld van haar diepste binneste. Na n diepe selfondersoek en bevryding wat jou laat struikel, laat val en weer zietsregop laat orent kom met trots. Okay, sy laat jou ook tjank met Skipskop(David Kramer) dat die branders van die see na hondepiepie lyk. Feit bly staan, sy smeul energie waarin ons bad n skoonkom.

Baie geluk aan TransAfrica Express wat die inisiatief geneem het om hierdie produksie na Durban te bring. As dit n indikasie is van wat ons by die TransAfrica Express gaan sien join ek vandag as lewenslange lid.

Die smaaklike tweegangmaal was eg Afrika, is briljant voorgesit en getuig van styl. n Onvergeeflike oops was egter kelners wat heel uit plek die show amper betjoings het. Gelukkig het Zietsman pragtig ondiplomaties skade probeer beperk!

Vir meer inligting omtrent Kaalgestroop kontak Theresa du Preez op 082 712 5680 of 011 880 1027. Thomie Holtzhausen




 A current news
crafts - dance - drama - film & tv - literature
music - supper theatre - visual arts
miscellaneous news - festivals
letters to the editor
home page
archives A
crafts - dance - drama - film & tv - literature
music - supper theatre - visual arts
miscellaneous news - festivals
a co-production by caroline smart services and .durbanet. site credits
copyright © subsists in this page. all rights reserved. [ edit ] copyright details  artsmart